TOELATINGSVEREISTES
TOELATINGSVEREISTES

Toelating tot die skool geskied op skriftelike aansoek en met aanvaarding van en voldoening aan die skool se vereistes.

Onderwys en opvoedkundige standaarde moet deurlopend gehandhaaf en uitgebou word. Ten einde hierdie doelstellings effektief na te streef en te bereik is die betaling van skoolgelde verpligtend en ook afdwingbaar.

Die Beheerliggaam stel die leerdertoelatingsvereistes vir die skool vas.die Beheerliggaam kan die toelatingsvereistes van tyd tot tyd hersien.

 
TOELATINGSPROSEDURES
TOELATINGSPROSEDURES

1.  Die toelating van leerders staan onder die beheer van die Beheerliggaam. Die uitvoering hiervan      word aan die skoolhoof gedelegeer. Uitsondersonderings word ad hoc deur die Beheerliggaam      hanteer. Die toelatingsprosedure geld vir alle leerders wat by die skool inskryf.

     Ouers en leerders moet by die inskrywing van leerders 'n vorm onderteken waarin hulle die toela-      tingsvereistes en die verpligtinge wat dit meebring aanvaar en onderneem om daarby te hou.

  

2.  Die onderneming deur die leerders behels:

     2.1  Die Christelike etos van die skool te eerbiedig;

     2.2  Dat die onderrigtaal en voertaal Afrikaans is;

     2.3  Die akademiese standaardwat gestel word na te streef;

     2.4  Die gesag en dissipline van die skoolhoof, opvoeders en verteenwoordigende raad van leerders             (VRL) te aanvaar.

  

3.  Indien meegaande ondernemings nie gehandhaaf word nie, sal die leerders se voortgesette toela-      ting tot die skool in heroorweging geneem word.

  

4.   Onderneming deur ouers / voog

      4.1  Om toe te sien dat hulle kinders in die erkende en voorgeskrewe skooldrag gekleed sal wees;

      4.2  Om toe te sien dat hulle kinders se algemene voorkoms en netheid voldoen aan die voorge-              skrewe reëls;

      4.3  Die verantwoordelikheid vir die vervoer vir hulle kinders na en van die skool te aanvaar en altyd

             betyds te wees;

      4.4   Om die skoolgeld te betaal op die wyse, tydstip en bedrag soos deur die Beheerliggaam be-               paal.

 
TOELATINGSKRITERIA
TOELATINGSKRITERIA

1.  Voorkeur sal aan leerders van Goudveld-Hoërskool se natuurlike voedingsgebied gegee word,

  

2.  'n Leerder sal nie sonder 'n amptelike oorplasingsertifikaat toegelaat word nie.

  

3.  'n Bevredigende skolastiese rekord moet voorgelê word.  

  

4. Die volgende maksimum ouderdomme per graad word aanbeveel (aan die begin van die jaar):

  

   4.1  Graad 12:   - 19

   4.2  Graad 11:   - 18

   4.3  Graad 10:   - 17

   4.4  Graad 9:    -  16

   4.5  Graad 8:    -  15

  

5.  Die volgende kriteria is beskikbaar in die kantoor.

 
SOOS OPGESTEL EN GOEDGEKEUR DEUR DIE BEHEERLIGGAAM
SOOS OPGESTEL EN GOEDGEKEUR DEUR DIE BEHEERLIGGAAM

                                       Kopiereg @ dr Willie Stolk 2017