TOELATINGSKRITERIA

1. 

Voorkeur sal aan leerders van Goudveld-Hoërskool se natuurlike voedingsgebied gegee word.

2.

'n Leerder sal nie sonder 'n amptelike oorplasingsing- en geboortesertifikaat toegelaat word nie.

    3.     

'n Bevredigende skolastiese rekord van die vorige skool moet voorgelê word.

4. 

'n Voorlopige registrasie kan gedoen word as die dokumentasie nie beskikbaar is nie. Die skool sal die ouer/voog 'n redelike tyd gee om die nodige dokumente in te handig.  

5.

Die volgende maksimum ouderdomme per graad word aanbeveel (aan die begin van die skooljaar..

  

*  Graad 12 -  19 jaar

*  Graad 11  -  18 jaar

*   Graad 10  -  17 jaar

*  Graad 9  -  16 Jaar

*  Graad 8  -   15 jaar

6.

As die skool vol is, kan toelating geweier word.