Goudveld-Musiekskool

Akademie kom altyd Eerste

Goudveld-Hoërskool het hom oor die jare heen as een van die top akademiese skole in die land bewys. Ons kwaliteit onderrig word bewys deur ons oudleerders wat jaarliks pragtige prestasies behaal aan naskoolse instansies. Die Gouties se oudleerders word dikwels uitgesonder vir hulle doeltreffendheid. Ons is 'n skool met 'n doelgerigte missie en visie en het nog nooit vir enige uitdaging teruggestaan nie. Hoewel ons 'n holistiese beleid ten opsigte van sport- en kulturele aktiwiteite volg, sal ons strewe na akademiese uitnemendheid altyd prioriteitsgewys die voortou neem. In dié opsig het Goudveld-Hoërskool nog altyd 'n leidende rol vervul deur deurgaans van nuwe opvoedkundige tegnieke gebruik te maak.  Die akademiese standaarde wat deur die skool gehandhaaf word, kry wye erkenning vanuit ons gemeenskap asook departementele kringe. 

  

  

Skryf asseblief 'n boodskap in ons Besoekersboek 

  

  

Eksamenrooster vir die September Voorbereidende Eksamen Gr. 12 vir 2013

Tegniese Tekeninge op Rekenaar

In 2012 begin ons IGO-leerders om hulle tekenwerk op rekenaar te doen.

  Lees meer hier.

  

  Wiskunde Ekstra Hulp

Die Gouties skop in die nuwe jaar af met 'n nuwe inisiatief. Hierdie keer om ons kinders se wiskunde vermoeëns te verbeter. Lees meer hier...

 
                                                       
Webmeester @ Dr. Willem Stolk 2012

Die Akademiese Tuiste van Goudveld-Hoërskool